Is jy in 1986 gebore?
Oh my soul, jy ook? Yay! The more the merrier!
(Of jy weet van iemand wat die wêreld ingekom het toe Top Gun in die flieks gewys het en M-Net pas op die kassie verskyn het)
Okay great, kom ons gesels!
Hi, ek is Elena!
Lekker om jou te ontmoet!
Ek is ‘n 1986 baby en ek wil ons nuwe dekade vier soos nog nooit tevore!
Jou stories wat jou tot op hierdie mylpaal gebring het is wat JOU uniek en spesiaal maak – daar is nie nog iemand met presies dieselfde storie as jy nie!
Ek wil nou nie corny wees nie maar 40 is iets spesiaal – kom ons vier dit!
Op 40 het jy darem al ‘n paar dinge gesien en beleef – ten minste een fashion cycle, ‘n wêreld resessie EN ‘n pandemie.
There must be some wild stories to tell!
Let wel Deur jou storie te stuur, stem jy in dat die inhoud hersien en geredigeer kan word vir lengte en duidelikheid, en dat dit in ander formate gebruik mag word.
Yes, 40 kom met 'n paar grys hare en plooie wat voorheen nie daar was nie maar daarmee saam kom ook insig wat 20-jarige JY nie gehad het nie...
Ek nooi jou om ‘n deel van jou lewensverhaal of jou lewenswyshede (jy weet daai lesse waarmee jy jou kolonie grys hare verdien het 👵🏻) met ons te deel!
Nee, jou lewe is nie te gewoon om jou storie te vertel nie – ons soek juis JOU stories, JOU ervaring… elke lewensreis is uniek en ons wil JOU storie hoor!
📚 Het daar iets snaaks op skool gebeur?
🚀 Hoe was jou eerste dag by jou eerste werk?
😂 Wat is die iets waaroor jy steeds lag wanneer jy daaraan dink al het dit 20 jaar terug gebeur?
🐣Watter herinnering sou jy met jou kleinkinders wou deel?
📅 Watter dag van jou lewe tot dusver het die grootste impak op jou gehad?
Op jou verjaarsdag publiseer ons jou inskrywing op 1986.co.za – ‘n plek waar ons die reis van ons generasie vier. Deel ‘n herinnering, ‘n lewensles, of net iets wat jou inspireer! Jou plasing kan anoniem verskyn.
📩 Hoe om deel te neem:
1️⃣ Deel ‘n kort storie (300-500 woorde) wat vir jou belangrik is, foto’s en videos is ook welkom!
2️⃣ Stuur dit aan ons met jou naam en verjaarsdag.
3️⃣ Op jou spesiale dag verskyn jou inskrywing op die webwerf!
1986 was ‘n ikoniese jaar – kom ons maak ons stories deel van iets besonders. 💙
Let wel Deur jou storie te stuur, stem jy in dat die inhoud hersien en geredigeer kan word vir lengte en duidelikheid, en dat dit in ander formate gebruik mag word.
👉 Stuur jou bydrae na my by 1986stories@gmail.com en wees deel van die storie wat op ’n dag in 1986 begin het!